"Nee, kyk hie, ek het veoggend gekyk,hulle het nogalie weer voorspel vi vandag nie, eers vir môre, so ek het nou nogal gedink dis goed virrie wasgoed, maar kyk nou ... Dit lyk dan dit gan nou-nou reën."
Dit was Elsabé, my Ma se "char" se woorde toe ek haar laas Dinsdagmiddag huis toe neem nadat ek gou-gou gaan tee drink het by hulle. Ek moet sê, met die dat ek mos nou uit oefening is met "hierie Afrikaans", het ek eers gedink hulle het vergeet om die weervoorspeling uit te saai ... Hoekom nou ook al ... Maar toe besef ek 'n rukkie later dat sy net bedoel het "slegte weer" - daar is nie reën, oftewel slegte weer, voorspel vir Dinsdag nie.
(Voorspellers moet ook darem hulle storie ken, want die weer verander blitsvinnig hier .... Definitief dikwels vinniger as wat jy wasgoed kan in- of uitdra en ophang of afhaal.)
En toe skrik ek nou-die-oggend my melk weg, toe iemand by die deur môrghe sê net toe ek met my koppie tee verbystap. 'n Vrugtesmous sonder voortande. Die nartjies is so soet dat jou oë sal toegaan en g'n verkoue naby jou sal kommie en die pynappels spyt hiening op jou tong en en en. Ek probeer kibbel oor die prys van die boksie nartjies en halwe boks pynappels, maar hy stop my met "nei, as ek mevgou cheat, dan cheat ek mos ons liewendige Liewe Jesus ook en dan soek ek mos moeiligeit."
Ai, ek hou regtig niks daarvan as mense die Here, my Here, se naam ydelik gebruik nie, maar ek moet sê ek kan nie anders as giggel vir die "Jirre, ma jy's obeskof vemôre", of "ai, jirghe man, ek's jammer" wat mens hoor as jy deur die Spar of Checkers stap.
Ja, hier kan ek vir ure luister ... Luister na die see, luister na die wind en reën ... wat wel dikwels kan bangmaak, luister na die voëls, luister na die mense. As mens so baie luister, besef mens ook weer hoe saai jou eie stem kan wees, so .... Sela.
NS char = stukwerker, in die noorde praat hulle van piece jobs.

En daar hoor ek nog geluide waarvan ek eintlik ook moes geskryf het, pas nadat ek hierdie griffel gepos het. Bobbejane wat baie duidelik besig is om te baklei - baie kwaai, blafferige en grommende geluide - en met die berge agter klap dit so teenaan die huis af. Hoop hulle bly net daar agter ... In elk geval totdat hulle vrede gemaak het .... Hoor nou ook honde blaf, so miskien kom hulle nader. En ai, ek is nog baie vies vir hulle na hulle kaskenades van gister .... Maar dit moet in 'n nuwe griffel kom.
ReplyDelete