Michelle is 'n Kaapse Fisant, 'n Cape Spurfowl. Ja, haar naam begin nie soos al ons ander voëls met dieselfde letter as haar spesie nie, maar daar is 'n goeie rede daarvoor. Ek het selfs een van die slimstes van my vriendinne hiermee geflous, sy was seker Michelle moes liewer 'n Fiela wees ........ nee, nee. Michelle is MAK, sy is MORSIG (eet in elk geval morsig) en sy is helaas ook 'n bietjie MALLERIG. (En sy's 'n sy, want sy het nie twee lang "spurs" nie) Hier is haar storietjie:
Ek en Christine sit eendag hier en doen wat ons doen toe Christine ewe skielik my aandag vestig op 'n fisant in die boompie voor ons. Die boompie is maar 'n droë tak wat ons monteer het tussen die fynbos om die bottel met suikerwater in te hang vir ons nektardrinkende voëltjies.
Fisante is nie deel van die groepie nie! Maar soos hulle sê vir elke reël is daar 'n uitsondering, en hierdie fisant was op pad na ons bottel, sy het weliswaar nie gevlieg en sierlik geland nie, sy het die bos opgestap en toe die tak ook so benader, al stappende. En toe begin sy na die bottel pik, nie by die tuit waar die watertjies opdam om opgeslurp te word nie, sommer hier in die middel van die bottel langs - teen die glas. OK, van hier die M vir Mallerig.
Nou ja, ek kon nie die stomme voël net so daar los nie, so stap toe maar, kamera in die hand uit op die stoep. En begin toe mooi verduidelik, baie mooi, gebruik woorde soos liefie, dat dit nie so werk nie. Dat sy aan die ander kant van die bottel moet drink, maar dat sy regtig nie daarvan sal hou nie en dat ek liewer vir haar saadjies sal gee. Sy kyk toe in my rigting, soos in regtig kyk reguit na my .... begin vasberade van die bos af stap, selfs stukkie gevlieg of gespring, en stap reg op my af.
Wel, ek was toe bietjie bang, retireer na die glasdeur, maar sy kom. Reguit op my afgestap, koppie skeef gedraai, steeds starende na my. Ek moes skuinsweg retireer om deur die glasdeur na binne te stap, maar sy volg my toe steeds binne-toe.
Kos, besluit ek .... ek het haar mos van die saadjies vertel .... en kry die skoppie vol saad uit die saadblik en sit dit sommer so op die vloer neer. Dis toe ons sien hoe sy kan mors!
Teen die tyd het ek ook darem al weer meer moed, en stap toe nader en tel die skoppie op en toe eet sy darem uit my "hand". Aaahh ... toe is ons vriende.
Wel, ek was toe bietjie bang, retireer na die glasdeur, maar sy kom. Reguit op my afgestap, koppie skeef gedraai, steeds starende na my. Ek moes skuinsweg retireer om deur die glasdeur na binne te stap, maar sy volg my toe steeds binne-toe.
Kos, besluit ek .... ek het haar mos van die saadjies vertel .... en kry die skoppie vol saad uit die saadblik en sit dit sommer so op die vloer neer. Dis toe ons sien hoe sy kan mors!
Sy't toe nog 'n rukkie gekuier en toe doodluiters uitgestap. Hierna het sy 'n paar keer teruggekom, die ander fisante het nie baie van haar gehou nie - ons het geweet dis sy, want ons kon haar eien aan haar regtervoetjie se regtertoonnael wat af is. Ons het 'n paar keer met haar afgeshow voor vriende - en sy het perform ... altyd mooi uit die skoppie geëet.
Toe's dit Maandag en ek en Christine gaan Hermanus toe, op pad terug stop ons vir tee by Ouma-hulle op Kleinmond en is uiteindelik eers na half-vyf die middag weer by die huis. Ek sluit die voordeur oop en skrik my melk weg. 'n Paar voëls vlieg verward op toe ek die deur oopmaak. En een van hulle is natuurlik Michelle, sy is so verbouereerd en vlieg sommer in die een skuifdeur waarvoor nie trellidor is nie, vas. Chaos. Christine wil omtrent huil ... Michelle het nou breinskade, sy gaan nou doodgaan ens ens. Ons bly kalm, maak versigtig deure en vensters oop en die voëls kom almal op hulle manier uit - party kalmer as ander.
Dis toe dat ek sien dat die een skuifdeur buite op die stoep staan, nie meer in sy groefie nie, buite ... uitgehaak. Lang storie kort - ek bel vir Thomas, die ou wat die lekkende dak onsuksesvol reggemaak het en hy kom my help, roep ook die buurman en hulle is dit albei eens dat dit die bobbejane se werk was. Ek moet sê, ek het gewonder oor die breinkrag agter die ou wat sou inbreek deur die glasdeur (wat oopstaan) uit sy raam te tel net om dan te besef dat daar nog 'n trellidor ook is wat voorlê. ???
So, dis nie net die stomme Michelle, wat skaars 'n halfuur later terug was en daagliks terugkom, wat daardie middag groot geskrik het nie. Nodeloos verder om te sê ons het intussen ekstra slotte aan ons skuifdeure en ook metaal stawe om te verhoed dat bobbejaanhande nie onderaan die deure nie kan vasvat nie. Afrika ... nie vir sissies nie!



