Wednesday, February 8, 2012

Donderdag wat Vrydag is

Nog 'n verkeerd-om naweek lê voor. Hierdie week het baie vinnig uitgeloop. Het BAIE lekker begin, Thomas het blits-besoekie gedoen en ons was Al Ain toe om sy erfenisgebiede te gaan afneem en opteken en dit was 'n aangename verandering van ander Maan- en Dinsdae.


Nadat hy weg is Dinsdagaand was daardie, teen hierdie tyd, baie bekende leë kol en gevoel van verlies weer my hele kop vol. Die beste ding om te doen in hierdie geval, is om verwoed voort te gaan met alles wat my dae gewoonlik vul. En ek het gedink ek doen dit, maar betrap myself kort-kort dat ek kyk of iemand van daardie kant nie dalk 'n boodskap gestuur het nie. Dit help ook nie dat ek my kommunikasie-kanale feitlik verdubbel het die afgelope tyd nie. Van een e-pos adres en twee telefoonnommers na Twee e-pos adresse en twee telefoonnommers (eintlik drie as ek die SA enetjie van my spieëlkas kan hoor kraai) en FB! Mens mors BAIE tyd as jy kort-kort moet "inloer". Die meeste van my werk wat ek vir Bloom en ECC doen, word egter voor my rekenaar of by my lessenaar gedoen, so ......... dis 'n besluit wat geneem moet word: "Nee ........ ek gaan nie "inloer" nie - bly by die huis vandag."

"Bly by die huis" is waarskynlik die maklikste as ek in my kar klim en winkels toe gaan. Ek het genadiglik (?) nog nie die telefoniese nuwe boodskap kennisgewings aktief nie. Die baie lukrake of onreëlmatige SMS'e van die oorkant bly 'n bonus.

Ek dink ek gaan nou eers gereed maak om met hierdie nuut-ontwerpte Jan-Tuisbly se karretjie te ry, dan skryf ek later weer wanneer die ou koppie dalk oper is.

Môre is Sondag ......... en Saterdag is Saterdag en Sondag is dit weer Maandag.

No comments:

Post a Comment