Gistermiddag, danksy TomTom, net-voor-vyf hier arriveer na 'n lekker dag in Sandbach by Elizma en Chris. Sandbach BAIE mooi groen en landelik, Winterley, net buite Sandbach, waar Elizma-hulle woon, grens aan melkplase - regtig chocolate box mooi.
Met Tessa via TomTom via my foon, proppers gemonteer teen die voorruit was die rit redelik pynloos.
Die 20-jarige het selfs baie dikwels ingesluimer. En ek weet nou, bear left beteken regtig ook draai links, nie net hou links nie.

Maar eers nog 'n stukkie rewind - eerste uitboulbal reeds op Manchester lughawe ontvang. Ek en Philip in verskillende rye by Immigrasie/Paspoortbeheer. Albei Non-EU, dan hy Student, ek Visitor. Myne, ten spyte van "he doesn't like either of your thumbs, Lov", baie vinniger. Gelukkig werk wysvingers ook - ek dus vinnig deur, gaan wag vir tasse. Kry eerste een, sien trollies tussen staalrelings, mik-mik om handbagasie met laptop-sak en handbagasie te los by tas, waag dit - gaan probeer trollies uitkry. Stap in tussen relings, retireer met trollies - Oeps, trollie haak vas. Hmm .... wat nou? Waar gooi mens geld in? Nie aan die obvious einde van hierdie relings nie .... hmm. Terug na tasse, kry Philip se tas, nog geen teken van Philip wat by die trappies uit die hoek van my linkeroog afkom nie. OK ... nou het ek groepie tasse, wag nog vir sy portfolio ..... en vir hom. Mense wat rondstaan al hoe minder, ek ... lalalalalala ....smile en staan maar daar langs die al hoe leër carousel.
Dan .... Philip. Eerste woorde: "Flippen hel ... gelukkig het ek my UCAS vorm op my foon gehad, ou wou dit gehad het, amper het ek nie ingekom nie. Niemand het my dit gesê nie! Jip .... grootmenswêreld. Portfolio in sig op die carousel en ek verduidelik die trollies-situasie - ons het definitief twee nodig - trollies nie groot nie. Ons figure die masjien uit - daar's nou 'n hele paar non-Engelse besig om 'n trollies te probeer bekom. Jy sit jou pond in, entjie van die trollies af, een van die ligte (twee rye) gaan groen en jy kan jou trollie uithaal. Wel ... jy's besig om jou pond in te sit, iemand anders staan gereed by die trollies en vat joune .... dis nou as hulle nie weet hoe dit werk nie .... of dalk wel weet? Ons toe darem instrumenteel om skrefies-oog meisietjie te help toe 'n Arabiese/Indiese (?) mannetjie hare net wil vat. Sê toe - "you have to pay" - hy: "Yes" - ons: "did you pay for this trolley" - hy: "no" - ons: "Ok, this is not your trolley then". Mannetjie laai toe maar sy goed af en staan weer in die ry om te betaal - en dan terug te kom by die trollies-ry ... om betyds sy eie trollie te kry. :) Meisietjie baie dankbaar, en nasaal: "ha, ha, tank you."

Terug by Loughborough. Geen parkering by Premier Inn. Ek onthou hulle het parkeerarea oorkant hotel genoem, en ja ......... daar is een. Pay and Display .... geen probleem - ek ken dit mos - stuur vir Philip om te gaan betaal. "Mamma, ek moet die kar se registrasienommer insit en daar's net nommers en die kar se registrasienommers is alfanumeries." OK! Ek bel vir Elizma - hoe werk dit? Sy vra of ek gaan probeer het en of ek net Philip se woord neem. Hmm .... I of 1? Philip is nou al baie geïrriteerd, hoekom parkeer ek nie net ook soos die ander mense op die sypaadjie nie? Ek sê ek gaan net ook gou lees wat presies die masjien se instruksies sê. OK .... masjien sê "enter the numbers of your car's registration number" - AAAHHHH ............. die flippin Engelse. Elk geval - ek kry toe 'n kaartjie en ons is oor die pad om te gaan inboek. Lang storie .......... vind toe uit dat ons liewer by die multi-storey parkade oorkant die pad (hotel op 'n hoek!) moet gaan parkeer - goedkoper ens ens, ons boek in, neem bagasie kamer toe en gaan skuif die kar. Gaan slaap vroeg.
Maandagoggend doen ons die banke. Eerste NatWest - baie effektief, mannetjie by die deur wat wil help, ons sê wat ons wil hê, hy laat sit ons en verdwyn - binne twee minute terug met dieselfde inligting wat ons vorige aand op internet gekry het ... OK next ... maar nie voordat mooi ou deur wat "Pull" sê ons uitboul deur self oop te gaan nie - na binne! Volgende ... Santander: Selfde storie - baie vriendelike hulp by die deur - hulle verwag baie duidelik baie studente, ons sien trouens baie "kandidate", vriendelike meisie - luister na ons versoek en toe aan ons: "Just a moment" en aan haar kollega: "can I borrow your assistance?" - OH MY SOUL! "Borrow your assistance?" Gaan sy dit dus teruggee? Hoe werk hierdie Engelse taal?
Ons is klaar by die banke en gaan by Casa Café in om ontbyt te doen. Ons figure uit mens bestel self, so gaan toonbank toe. Meisietjie vra of ons wil tee hê - ja, OK .... "mog?" Ons lyk verward totdat sy na beker wys. Ja, OK, mug, please. Ons wil egter ook toasties hê. Ek wil bruinbrood hê, so, Philip vra of die toasties met witbrood gemaak word. Sy sê ja. Philip vra of mens bruinbrood ook kan bestel ..... Met 'n gepynigde uitdrukking: "you can ... if you want." I wanted ... I got ...
Stadsaal
Vir die res van die oggend het ons rondgestap, verdwaal, vreemde kleuterskool-uitstappie-kindertjies aan 'n leiband gesien, teruggekom hotel toe en toe vanmiddag die kar gevat en gaan kyk waar Philip gaan bly
en ook die universiteitsgronde gaan stap. Alles baie mooi - my baie aan my Oupa en Ouma Ben en Huis Samuel en Friedenheim laat dink. Veral Philip se verblyf - Harry French Lodges - regtig soos Huis Samuel - met die donkiebos naby.
En op die kampus:
Ou geboue ......... en die Design School .... en BAIE sportvelde.

En dis dit .... vir nou .... môre nog 'n dag .... sekerlik weer Tesco's en watookal die inkomende boodskappe voorsê - die netwerk verstom my! Wat ek net-nou voorgestel het, sal wel môre via sms deur iemand jonger en "cooler" aanbeveel word. En dan MOET ons reageer! So het ons nou-al noue ontkominge afgeweer. As ek geweet het wat ek nou weet, het ek 'n paar sinne begin met "XCVB$ het gesê ...." in plaas van "Ek dink jy moet ...." - has been - dis ek.